HIER’S ’n lastige vragie: As die Broers Gupta (en Jacob Zuma) nie so kru, afwyserig en gulsig was nie, sou ons ooit van staatskaping gepraat het? Sou ons ooit ’n Zondo-kommissie van ondersoek gehad het?
Regter Raymond Zondo se derde verslag ondermyn die mite verder dat staatskaping net die Guptas, Zuma en sy vriende behels het. Bosasa, byvoorbeeld, het die staat ewe geesdriftig gekaap, en van die mense wat hulle omgekoop en gekorrupteer het, is vandag stewig in die Cyril Ramaphosa-kamp, die “skoon”, “hernuwing”-faksie.
Zondo het bevind dat Bosasa verskeie sekuriteitsopgraderings by drie eiendomme van die minister van minerale en energie en Ramaphosa-lojalis, Gwede Mantashe, gedoen het toe hy nog sekretaris-generaal van die ANC was...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.