Die storie agter Steinheist

OP TV

Die storie agter Steinheist

'n Nuwe TV-reeks delf diep in die Steinhoff-skandaal op 'n manier wat gewone mense sal kan verstaan, skryf TYMON SMITH.

  • 21 September 2022
  • Mense & Kultuur
  • 4 min om te lees
  • artikel 4 van 7
  • Tymon Smith

BINNE een week ná 6 Desember 2017 – nadat die uitvoerende hoof van Steinhoff, Markus Jooste, bedank het tydens ’n ondersoek na ongerymdhede met die maatskappy se boeke – het Steinhoff se aandeelprys met 90% geval. Die krisis in die maatskappy, wat eens geprys is as die “Ikea van Afrika”, het R200 biljoen van die JSE en gewone Suid-Afrikaners se pensioenfondse afgevee. Die val van Steinhoff het ook vir Christo Wiese ’n paar biljoen dollar gekos en hom oornag van ’n dollar-multibiljoenêr in ’n doodgewone dollar-multimiljoenêr verander.

Dokumentêre reekse en rolprente wat oor die duister wêreld van finansies handel – soos Enron, Inside Job, The Big Short, The Inventor, The Dropout en WeCrash – is nogal gewild by kykers. Die storie van Steinhoff is die storie van die grootste korporatiewe bedrog in die Suid-Afrikaanse geskiedenis en die Steinhoff-skandaal was ’n logiese keuse vir die produksiemaatskappy Idea Candy, wat ook die geweldig suksesvolle dokkie Devilsdorp vir Showmax vervaardig het.

Hulle het die reeks gebou op die boek Steinheist, geskryf deur Rob Rose, redakteur van Financial Mail, en die Kaapstadse dokumentêre filmmaker Richard Gregory (wat The Boers at the End of the World gemaak het) was aan die stuur van sake...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.