A is vir aambeie

DIE POORTE VAN DANTE SE HEL

A is vir aambeie

Mense swyg daaroor soos die dood. As jy dalk met dié mediese probleem sit, steek jy dit weg soos ’n grafgeheim en ly in pynlike stilte. Wat jy dalk nie weet nie, is dat driekwart van almal op aarde in ’n stadium ook aambeie sal hê, maar hóé erg sal net verskil. ELSABÉ BRITS het die moeilike vrae gaan vra.

DIT was die poorte van Dante se hel: “Abandon all hope, ye who enter here.” ’n Inferno in haar rektum en anus. Dit was ’n aambei wat uitgesak en toe ’n bloedklont gevorm het. So erg, die huisdokter bel dadelik ’n chirurg.

Susan* sê sy het jare lank al ’n eksterne aambei wat ongemaklik was, maar leefbaar. Tot op ’n Dinsdag wat sy wakker geword en pyn verduur het. Dit was so seer sy kon nie sit en werk nie – sy het gestaan. Die voorskrifsetpille wat sy nog in die yskas gehad het van ’n vorige “aanval” het niks gehelp nie.

Die Donderdag het sy haar huisdokter gebel, maar hy was siek met Covid-19 en al raad was ’n instaandokter. “Die vrou was heeltemal onbekwaam, ek hoop ek sien haar nooit weer in my ganse lewe nie. Sy het die aambei, wat al jare lank afgesak was en nou besig was om ’n trombose te vorm, sonder om te skroom met een veeg probeer terugdruk...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.