Vergete vroue in die warboel van oorlogfeite

ANGLO-BOEREOORLOG

Vergete vroue in die warboel van oorlogfeite

Hulle is dae lank op oop treintrokke in die wind en weer vervoer of soos vee deur die veld aangejaag. Derduisende vroue en kinders is 120 jaar gelede ten tyde van die Anglo-Boereoorlog na die eerste Britse konsentrasiekampe in Suid-Afrika geneem, en binne maande het dié kampe oor die land heen soos onkruid opgeskiet. ELSABÉ BRITS vertel van dié vroue.

OP ’n dag vertel ’n vrou aan my die storie van haar ouma wat as kind in die tyd van die Anglo-Boereoorlog van hulle plaas af na ’n Britse konsentrasiekamp aangejaag is. Sy was nog ’n klein dogtertjie. Haar hond het hulle deur die veld probeer volg, dae lank.

Die Britse soldate het hom probeer verjaag, hom met klippe bestook. Sy was histeries van hartseer en haar ma het probeer troos. Sy wou hom voer, maar die soldate het geweier. Uiteindelik was die hond net weg.

Twee jaar later, toe die oorlog verby was, het hulle soos baie ander mense teruggestap huis toe. Daar was geen perde of osse oor om waens te trek nie. Langs die pad het hulle op sy skelet afgekom. Dít was vir haar die ergste van die oorlog; dit is wat haar ouma, daardie klein kind van destyds, onthou het. Dat sy haar hond óók verloor het, waarskynlik dood van honger en dors...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.