Lee Berger vind nóg ’n skatkis van hominied-fossiele

MENSDOM!

Lee Berger vind nóg ’n skatkis van hominied-fossiele

’n Nuwe hominied-fossielterrein in die hart van die Wieg van die Mensdom is pas ontdek en binne ’n week is die bene van meer as een individu deur die bekende paleontoloog prof. Lee Berger gevind. ELSABÉ BRITS met hom gesels oor sy derde ontdekking in net 12 jaar.

DIE meeste paleontoloë is gelukkig as hulle in hulle ganse loopbaan een fossiel van ’n hominied – ’n voorsaat van die mens – ontdek. Prof. Lee Berger, paleontoloog by die Instituut vir Evolusionêre Studies aan die Universiteit van die Witwatersrand en een van net ’n handvol ontdekkingsgenote ter wêreld vir die National Geographic Society, het al ’n hele paar duisend hominied-fossiele gevind.

En dit is steeds nie die einde nie. Hy het reeds twee nuwe spesies in die Wieg van die Mensdom gekry en beskryf – en dié kan dalk ’n derde wees.

“Dit het die potensiaal om een van ’n groot terrein te wees,” vertel Berger. “Dié ontdekking van ’n deel van ’n kaak kan nog tot groot dinge lei.” Dit is so nuut, hy is nog besig om ’n span saam te stel om hom te help...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.