Soms is dit uit ’n polisievuurwapen dat die koeël jou tref –...

PUINHOOP EN RUÏNE

Soms is dit uit ’n polisievuurwapen dat die koeël jou tref – soos vir Nateniël Julies

In die parlement word debat gevoer oor plaasmoorde, skryf HEINDRICH WYNGAARD. Intussen sterf nog ’n kind, en nog een, in strate waar hulle eintlik veilig en beskermd moet kan speel.

’N WEEK later, ’n dag voor Nateniël Julies se begrafnis, het die wêreld al weer ander dinge om op te fokus, ou pêllie; soveel gebeur, soveel moet verwerk word. Maar die begrafnis sal steeds goeie mediadekking kry – en ook die hofsaak van die drie polisielede, wat nou van sy dood, regsverydeling en die besit van verbode ammunisie aangekla word.

“Selfs die wet is wetteloos,” laat hoor die “rymkletstroebadoer” Frazer Barry in sy gedig “Nathaniël”.* Miskien, ek weet nie, het jy ook die video op die Facebook-blad van Oeps (Ons eie Produksies) gesien? En dalk het jy ook dié verwysing na die regering daarin gehoor, ietwat geforseerd, maar nogtans betekenisvol: “Hulle’s meer bekommerd oor buitelandse sake. Terwyl ons kinders onveilig is in hul eie strate.”

Beperkte leefruimte..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.