Die Tafelberg-hofuitspraak gaan oor soveel méér

400 JAAR LATER

Die Tafelberg-hofuitspraak gaan oor soveel méér

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het dié week beslis dat die Wes-Kaapse provinsiale regering nie die Tafelberg-skoolperseel in Seepunt aan 'n privaat koper mag verkoop nie. Die uitspraak is ten gunste van behuisingsaktiviste gelewer. ISMAIL LAGARDIEN bekyk hierdie saak vanuit ’n wyer perspektief.

IN die lente of vroeë somer van 1982, dit kon in November gewees het, het ek vir middagete aangesit saam met Achmat Davids, een van die geleerde ouer lede van Kaapstad se Maleiergemeenskap. Davids het toe verduidelik dat die mense van die Bo-Kaap, en wat Distrik Ses genoem is, voor twee groot probleme gestaan het. Eerstens was daar die verskuiwing en ontwrigting wat deur die Groepsgebiedewet veroorsaak is, en tweedens die roofgierige eiendomsagente wat met pakke kontant in die huise van arm mense opgedaag het – huiseienaars in die Bo-Kaap wat deur die relatief enorme hoeveelhede geld gelok is en toe hul huise verkoop het, en saam daarmee hul erfenis in die wieg van Islam en die Maleiergemeenskap in Suid-Afrika. Hulle het die geld gevat – R250,000 was ’n klomp geld vir ’n pensioenaris – en na die Kaapse Vlakte getrek.

Sommige van hulle het by families gaan woon; ander het weer “subekonomiese” blyplekke in plekke soos Mitchells Plain, Strandfontein en enige van die ander boomlose stofkolle van die Kaapse Vlakte gekoop. Hulle eertydse huise in die Bo-Kaap is verkoop aan ryk wit juppies wat die beste uitsig op die baai sou kry, met ’n wye panorama wat Tafelberg ingesluit het – mense sonder ’n gevoel van tuishoort of geskiedenis. Dit was ironies, maar dis hoe kapitalisme gewerk het. Caveat emptor.

’n Paar dekades of so later, lank nadat Davids oorlede is, het ’n derde probleem ontstaan – ’n provinsiale en stadsregering (en in ’n mindere mate, ’n nasionale regering) wat minder ingestel was op die bewaring van die Bo-Kaap en Distrik Ses se kulturele erfenis, en eerder op die ontwikkeling en verkryging (toevallig of opsetlik) van die ruimtelike nalatenskappe met hul inherente voordele gefokus het, en die ekonomiese gewin wat dit kon oplewer. En so kom ons by die Tafelberg-beslissing. Ek wil graag ’n paar kontekstuele kwessies noem...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.