Biden wed triljoene dollars in historiese aanslag op Covid en ...

DEMOKRATE SE GROOT REDDINGSPLAN

Biden wed triljoene dollars in historiese aanslag op Covid en armoede in die VSA

Terwyl die Republikeine se optrede die afgelope week in die Kongres as ’n morele laagtepunt in die Amerikaanse politiek beskou kan word, stoom pres. Joe Biden en die Demokrate voort om die land en sy pandemie-ekonomie te transformeer. Die goedkeuring van die American Rescue Plan Act is maar die eerste hekkie in ’n wedloop wat hulle oorgehaal is om te wen. Maar gaan weghol-inflasie dalk hul plan stuit? ARRIE ROSSOUW doen verslag.

JOE BIDEN, die 46ste president van Amerika, het pas 50 dae ná sy inhuldiging die mees progressiewe en konsekwente president geword sedert pres. Franklin Delano Roosevelt sy “New Deal” byna 90 jaar gelede te midde van die Groot Depressie in werking gestel het.

Met die Amerikaanse Kongres se goedkeuring vandeesweek van die massiewe American Rescue Plan Act (ARP) van $1.9 triljoen gryp die federale regering op groot skaal in om Amerikaners te help om die pandemie te oorleef. En dit is 'n reuse-inspuiting vir die ekonomie wat steeds gebuk gaan onder buitengewoon hoë syfers van werkloosheid, bankrotskap en maatskaplike probleme, veral in die laags geskoolde en betaalde arbeidsektore.

Met Biden se ondertekening van die wet gister (Donderdag), het Washington meer as $5 triljoen (sowat R75,000,000,000,000) in minder as 'n jaar bestee  – dis baie meer as in enige vorige nasionale krisis...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.