Trump: Republikeine vrees die argwaan van die leeu

STAAT VAN BESKULDIGING

Trump: Republikeine vrees die argwaan van die leeu

Senatore in Donald Trump se dramatiese verhoor in sy tweede impeachment het nuwe en grafiese videomateriaal gesien van die dag toe sy ondersteuners die Kongresgebou bestorm het. Die Demokrate sê Trump was die hoof-aanhitser van 'n bloedige opstand, maar Republikeinse senatore veg om hul eie politieke oorlewing, skryf ARRIE ROSSOUW. Kan 'n nuwe sentrum-regse party die appelkar omgooi?

FORT COLLINS, COLORADO – Die toekoms van die Amerikaanse demokrasie is in die hande van 44 senatore van die Republikeinse Party. Hulle staan voor 'n historiese keuse: Verwed hulle hul eie kans op politieke oorlewing op die Demokratiese Party, of gryp hulle nou in en verseker dat geen toekomstige president dit ooit weer sal waag om die Amerikaanse grondwet te verkrag om te heers solank dit hom of haar behaag nie?

Want daar is 'n poging om 'n soort skuiwergat te vind – of by implikasie te vestig – dat toekomstige Amerikaanse presidente in die laaste maand van sy of haar administrasie letterlik 'n staatsgreep kan uitvoer tussen die verkiesing in die eerste week van November en die sesde dag van Januarie terwyl die Amerikaanse Kongres spreekwoordelik met hul hande afgekap moet sit en toekyk.

As oudpres. Donald Trump se regsverteenwoordigers en sy volgelinge dit vandeesweek in die Senaat regkry om die beskuldiging (“impeachment”) te laat faal dat hy 'n ernstige misdaad gepleeg het deur 'n bloedige insurreksie teen die Capitol aan te vuur, dan word die deur oopgelaat vir soortgelyke pogings in die toekoms...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.