Lindiwe Sisulu: ambisieuse ‘prinses’ wat president wou (en wil) wees

DIE DERDE WEG?

Lindiwe Sisulu: ambisieuse ‘prinses’ wat president wou (en wil) wees

Sy is ANC royalty, en sy het steeds haar visier op die land se top-job. Haar nederlaag by Nasrec het haar net gestaal in haar ambisie, vertel kenners aan ANNELIESE BURGESS oor Lindiwe Nonceba Sisulu se veldtog om uiteindelik die president van Suid-Afrika te word.

IN die ANC is daar, buiten Nelson Mandela en Oliver Tambo, geen groter name as Walter en Albertina Sisulu nie. Walter Sisulu was Mandela se naaste vriend en saam met hom op Robbeneiland. Albertina was die geliefde matriarg wat self kniediep in die struggle was. Die Sisulu's is  politieke royalty. 

Lindiwe was een van die min vrouekaders wat aktief deelgeneem het aan die Kempton Park-onderhandelings in die 1990's, waar sy die voorsitter van die intelligensie-subkomitee was. Daarna het sy 23 ononderbroke jare in die kabinet gedien (veel, veel langer byvoorbeeld as Cyril Ramaphosa).

Van haar eerste aanstelling as adjunkminister van binnelandse sake onder Mandela het sy vinnig gevorder tot van die belangrikste en mees strategiese poste in die regering: Sy was die eerste vroueminister van Intelligensie, en later ook van verdediging...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.