’N APOKRIEWE verhaal het vroeër jare in musiekkringe die ronde gedoen – van ’n kettingboodskap wat telefonies onder die makers van boeremusiek in die Noorde van die land versprei is. Oor ’n saamtrek iewers in Noordwes op ’n kleinhoewe waarby jy net kon opdaag as jy uitgenooi word. Die geleentheid was nie oop vir die publiek nie. Die ligging geheim. Alles onder die radar.
By daardie saamtrek het die manne onder ’n groot boom op die werf en op die opstal se stoep daglank musiek gemaak. Dit was nie ’n kompetisie nie en niemand is teen sononder gekroon nie, maar wanneer hulle koers gekies het huis toe, het almal geweet wie die beste is.
Dit laat mens wonder of daardie soort saamtrekke een van die min platforms gaan word vir hierdie eiesoortige musiekvorm met sy rotsvaste bas- en kitaarspelers wat die “doem-tsjiek”-ritme verskaf vir soliste met dik tikstervingers op die “krismiswurm”...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.