Ons slaan ons oë op na Konstitusieheuwel oor Zuma en Zondo

STAATSKAPINGSKOMMISSIE

Ons slaan ons oë op na Konstitusieheuwel oor Zuma en Zondo

Presies 'n maand gelede moes oudpres. Jacob Zuma teenoor die Konstitusionele Hof aandui wat hy as 'n gepaste straf vir sy minagting van die hof beskou. Hy het nie. Dit is hoog tyd dat die hof 'n stréng uitspraak lewer, meen HEINDRICH WYNGAARD.

DIT is nie veronderstel om so te wees nie. Onder normale omstandighede is dit die partye in ’n geding in die Konstitusionele Hof wat in die kollig is, nie die regters van die hof nie. Maar hier is ons nou in Mei 2021 van onse liewe Heer met ons visier gerig op die land se hoogste hof in afwagting op een van dié se belangrikste uitsprake ooit, synde oor Jacob Zuma se minagting van die hof se vroeëre beslissing dat die oudpresident verplig is om voor die Zondo-kommissie na staatskaping te verskyn.

Die aansoek hiervoor is in Maart deur senior adv. Tembeka Ngcukaitobi namens die kommissie gebring. Geen genade meer nie, was die boodskap; Zuma het genoeg kanse gekry om voor die kommissie te verskyn, maar hy het hom telkens daaraan afgevee. Nou was die kommissie nie eintlik meer daaroor gepla dat hy oor sy eie beweerde betrokkenheid by staatskaping kom getuig nie; dat hy moet reageer op die getuienis van meer as 40 ander wat hom voor die kommissie geïmpliseer het nie. Die tronk – vir twee jaar – moet sy voorland wees.

Uitspraak is voorbehou, maar intussen is daar ’n telegram van “redelikheid” in die rigting van Zuma gepos: Hy sou vyf dae gegun word, in ’n direktief gedateer 9 April, om aan die hof te sê wat hy as ’n gepaste straf (“sanction”) sou beskou indien die hof hom wel aan minagting skuldig bevind. Dié stap het vir baie van ons wat die reg sekerlik nie so goed verstaan soos die regters van die Konstitusionele Hof nie vreemd op die oor geval; diegene wat die wet beter ken, soos oudregter Johann van der Westhuizen (https://www.vryeweekblad.com/nuus-en-politiek/2021-04-15-regter-johann-van-der-westhuizen-oor-zuma-se-snert-slim-bendeleiers-en-hoop-vir-sa/), het ons egter gerus gestel dat dit nie so ongewoon is as wat dit mag voorkom nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.