Vaarwel aan die laaste sigaret

ROKELOOS

Vaarwel aan die laaste sigaret

Om deur middel van suiwer wilskrag van ’n dekades lange rookgewoonte te probeer ontslae raak, is ’n uitmergelende onderneming met geringe kans op sukses. Kan ’n oorbekende selfhelpboek uit die 1980’s die knoop deurhak? ANNELIZE VISSER raak langtand aan die lees.

DEESDAE is dit moeilik om te glo dat daar in 1979 ’n sigaretmasjien in die portaal van my universiteitskoshuis was. Daar het ek op ’n dag ’n muntstuk in die gleuf gegooi en geluister na die knars van onsigbare ratte totdat ’n pakkie Craven-A Menthol stilletjies uitglip in die laai onder. Met die pakkie sigarette is ek terug na my kamer op die sesde verdieping om te oefen.

Ná ’n semester in die geselskap van my wêreldwyse medestudente was die stram Engels waarmee ek uit ’n Afrikaanse huis op die kampus aangekom het taamlik goed geolie, maar ’n soort ongeërgde sofistikasie het my bly ontwyk. Om dié rede moes ek leer rook.

Ek het in fliekteaters oor dié strategie wys geword – van 1965 se Breakfast at Tiffany’s (met die onweerstaanbare Holly Golightly se alomteenwoordige sigaret as simbool van haar selfvertroue en strewe na onafhanklikheid) tot 1978 se Grease, waar Sandy Olsson se tranformasie van soetlief in sedige pastelkleure tot rockgodin in swart leer en rooi hakke, met ’n sigaret afgerond word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X