VIR die meeste mense was daar op daardie oomblik iets belangrikers om aan aandag te gee toe hulle eintlik die fynskrif in die kontrak met hul mediese fonds moes gelees het. Die lewe is besig, en ongelukkig is dít die soort taak wat dikwels uitgestel word totdat ’n mediese krisis van een of ander aard jou dwíng om die saak van nader te beskou.
En as jy weer sien, sit jy met ’n rekening van derduisende rande ná jou ontslag uit die hospitaal.
Gewoonlik ontstaan dié soort situasie wanneer jou hospitaaltariewe hoër is as dié wat deur jou fonds betaal word, of wanneer jou fonds sekere prosedures nie dek nie (dalk omdat dit nie ’n voorgeskrewe minimum voordeel is nie) en omdat niks privaat dokters keer om meer vir hul dienste te vra as wat die mediese fonds betaal nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.