G7: Just don’t mention the wors

HIPPIE-SJIEK-BERAAD

G7: Just don’t mention the wors

Die eerste beraad van wêreldleiers sedert die uitbreking van die pandemie was 'n jolige partytjie in die suidwestelike uithoek van Engeland. En soos baie ander mense het hulle ná iets te ete en te drinke vergeet om afstand tussen hulle te hou, en van maskers was daar nie juis sprake nie. Soos met enige goeie familiebyeenkoms was daar 'n twis, skryf ADRI KOTZÉ, maar ook verligting dat die heel skoorsoekerigste oom dié slag afwesig was.

SOOS wat boodskappe agter op presidentsvroue se baadjies gaan, was die een wat Jill Biden op die strand in Cornwall in silwer knoppies uitgespel het, 'n blatante affêre: LOVE, het dit in vet, swart letters in die silwer blok op die rug van die swart kledingstuk verkondig. 

Ons het natuurlik nie veel om dit mee te vergelyk nie. Die gades van presidente en premiers en eerste ministers (want daar is tog manlikes ook, al was Angela Merkel weer die enigste vrou op die pas afgelope beraad van sewe Vreeslik Vername Wêreldleiers) is gewoonlik meer subtiel. 'n Kledingstuk dalk van 'n ontwerper van 'n gasheerland, 'n nasionale blom of tooisel of kleur. Nie 'n slagspreuk nie. 

Dus kon 'n mens nie help om Melania Trump se groen baadjie van 2018 met die woorde “I Really Don't Care, Do U?" in herinnering te roep nie.  Het dr. Biden wraggies haar voorganger in die Withuis op die wêreldwye verhoog getrol? ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.