Ysterknaters soos dié word oor lang jare en met baie moeite gesmee

TRANSITO-HELD LEO PRINSLOO

Ysterknaters soos dié word oor lang jare en met baie moeite gesmee

Opleiding en nogmaals opleiding, jare se ervaring, en die regte karakter – dís die dinge wat gemaak het dat Leo Prinsloo die afgelope weke internasionaal beroemd geword het as die held van die YouTube-video “Failed Cash-In-Transit Heist Because Driver Has Balls Of Steel”, skryf ERIKA GIBSON.

EEN weergawe van dié video met Prinsloo agter die stuur van die transitovoertuig en Lloyd Mtombeni in die passasiersitplek is teen die afgelope week reeds bykans 30 miljoen kere gekyk, en was ’n insetsel op televisiekanale oor die wêreld heen.

Die video, geneem met ’n kamera wat in die kajuit van hul voertuig gemonteer was, wys die harde werklikheid van die soort transito-aanvalle wat alledaags in Suid-Afrika geword het, maar met die lekkerkry om te sien hoe die booswigte dié keer sleg tweede kom.

Veral die onverskrokke Prinsloo, ’n veteraan van onder meer die polisie se spesiale taakmag, het van oral lof gekry vir sy onberispelike taktiese besluitneming, boonop met ’n onervare kollega onder sy vlerk – dit was maar Mtombeni se vierde dag by die betrokke veiligheidsmaatskappy, hoewel hy al voorheen as ’n gewapende eskort gewerk het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.