Waarom Cyril die ANC se grofgeskut op ’n mindere vis soos Ace rig
NIKS TE DOEN MET GEREGTIGHEID

Cyril Ramaphosa het sopas sy sogenaamde sistemiese benadering tot die suiwering van die ANC en die staat opgeskort met die doel om sy politieke magsbasis finaal te vestig. Dit is slegs die tweede keer dat hy bereid was om die politieke risiko’s te neem wat met dié opskorting saamgaan, skryf PIET CROUCAMP.
DIE eerste keer was toe hy die tekens in die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die ANC reg gelees het en Jacob Zuma die stryd aangesê het. Indien hy nie suksesvol was nie, sou hy altyd kon terugkeer na sy patronaatskap-verbintenis met die privaat sektor wat van hom ’n baie ryk man gemaak het. Daar was dus altyd ’n wawyd-oop agterdeur.
Die tweede geval is sy stryd met die ANC se sekretaris-generaal in Luthulihuis, Ace Magashule. Indien Ramaphosa nie suksesvol was in sy pogings om Magashule se politieke loopbaan te beëindig nie, was daar dié keer geen oop agterdeur nie, en hy sou verwyder kon word met die volgende leierskapkonferensie.
In die geval van Zuma sowel as Magashule het Ramaphosa sy gedraal op die sogenaamde sistemiese pad na geregtigheid opgeskort en sy opponent onder die water getrek met ongekende dringendheid. Wel, sou baie kantlyn-ontleders argumenteer, dit het alles te doen met magspolitiek: Zuma en Magashule is letterlik die enigste twee politici wat tussen Ramaphosa en sy politieke ambisies staan, of gestaan het...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Hoër onderwys moet wegbreek uit al dié verstokte maniere
Cyril en die soft-shoe shuffle
Koalisie van redelikes is al wat SA kan red
ANC se voorste vlieë kies hul sitplek versigtig
Fokus op gedeelde belange
ANC-lojaliteit bo alles en almal?
Verspreiding van entstof gaan ons kos
Deel
-
Deel
Piet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.