Eskom: besteel, bevark, ondermyn

DUUR KNOEISPUL

Eskom: besteel, bevark, ondermyn

R178 biljoen. Dit is die bedrag wat daar vermoed word deur korrupte Eskom-amptenare en knoeikontrakte by Eskom gesteel is. ANNELIESE BURGESS probeer die kloutjie by die oor kry oor die stortvloed inligting wat nou uitsypel oor die skaamtelose gekonkel en asembenemende vraatsugtigheid wat Eskom tot op die rand van ineenstorting gebring het.

JULIE 2018. Jan Oberholzer word aangestel as hoofbedryfsbeampte van Eskom. Hy het 38 jaar ervaring in die veld, waarvan 24 jaar by Eskom was waar hy uiteindelik die hoof van die distribusie-afdeling geword het. Sy aanstelling word wyd verwelkom. Eskom se persverklaring sê die aanstelling is deel van 'n poging om Eskom te “help stabiliseer".

Een van die eerste dinge wat Oberholzer doen, is om die regsfirma Bowmans te kry om kontrakte by Eskom se groot bouprojekte by die Kusile-, Medupi- en Ingula-kragstasies te ondersoek. Die Kusile-projek kos vandag al dubbel soveel as wat aanvanklik daarvoor begroot is. Toe dit in 2007 afgeskop het, sou dit R81 biljoen gekos het. Teen 2018 het die koste al by die R160 biljoen gestaan – en was die projek al jare laat.

In Januarie 2019 bring Bowmans hulle eerste interimverslag uit. Dit dui op groot ongerymdhede. Een van die gróót kontrakte waaroor daar ernstige vrae is, is Econ Oil, 'n maatskappy wat enorme kontrakte bekom het om brandstof aan Eskom te voorsien...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.