Wanneer ’n president se joke sy land choke

NIE SNAAKS NIE

Wanneer ’n president se joke sy land choke

Selfs al probeer pres. Cyril Ramaphosa se kantoor nou sy ‘grap' oor sy ‘gesteelde' iPad as ’n lighartige opmerking afmaak, was dit ’n onpresidensiële uitlating in ’n misdaadvoos land, skryf HEINDRICH WYNGAARD.

DIE president hou van jokes maak. Hy dit doen altyd, waar hy ook al is: in die parlement, in die gemeenskap, in die buiteland. Dan lag hy hartlik saam met wie hy ook al mee korswel. Soms lag hy ook vir homself, soos met die gesukkel in April verlede jaar – aan die begin van die Covid-pandemie – om sy gesigmasker behoorlik oor sy neus en mond getrek te kry.

Hy kan natuurlik ook moerig raak; vra maar die leier van die amptelike opposisie, John Steenhuisen, wat al met ’n onbeleefde “sjarrap” planke toe gestuur is. Maar meestal sien ons Cyril Ramaphosa in ’n gemoedelike bui, behalwe dalk as hy ons toespreek oor hoe ligsinnig ons die Covid-pandemie benader. (Die vinger wys inderwaarheid na sowel die regering as ons as landsburgers: die regering met sy gehanna-hanna wat entstofverkryging en inentings betref, die landsburgers in soverre hulle die inperkingsmaatreëls ernstig opneem.)

Nogtans help Ramaphosa se warm en statige persoonlikheid en sy vriendelike geaardheid dat Suid-Afrikaners hoopvol bly te midde van soveel mismoedigheid wat hulle daagliks in die gesig staar...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.