Zuma en die etiek van die advokaatsberoep

SENIOR ADVOKATE BEHOORT VAN BETER TE WEET

Zuma en die etiek van die advokaatsberoep

Toe voormalige president Jacob Zuma se advokate hulle tot die provinsiale hof in Pietermaritzburg gewend het om hom uit die tronk te hou nadat die Konstitusionele Hof hom tot 15 maande gevangenisstraf gevonnis het, was dit óf pure onnoselheid of dis met ’n bymotief gedoen. Want daar is, onder meer, geen regsbasis vir so ’n aansoek nie. CHRIS MARNEWICK verduidelik sy mening aan die hand van regsbeginsels.

DAAR is perke op wat ’n advokaat in die aanbieding van sy kliënt se saak mag doen. Daardie perke word bepaal deur, onder meer, die Grondwet, ander wetgewing wat van toepassing mag wees soos byvoorbeeld die Strafproseswet, gemenereg, hofbeslissings, en die reëls van etiek wat op die regsberoep van toepassing is.

In die saak S v. Masoka en ’n ander in 2015 (2) SACR 268 (EC) het regter Sytze Alkema daarop gewys dat die reëls van etiek nie noodwendig op ’n geskrewe kode of wet berus nie. Hy skryf verder:

Rather, these are mostly unwritten rules having their origin in concepts of justice, fairness, morality and equity. These rules have over many centuries evolved in legal systems almost all over the world, including South Africa, and have been shaped by the legal convictions of the societies in which they are used...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.