Zoeloes en Indiërs: ’n vulkaan wat keer op keer uitbars

JARE SE AGTERDOG

Zoeloes en Indiërs: ’n vulkaan wat keer op keer uitbars

Te midde van die wydverspreide geweld en stropery het 'n ou konflik weer opgevlam in Phoenix buite Durban en elders in KwaZulu-Natal: die rassespanning tussen Zoeloes en Indiërs. Dié konflik kom 'n baie lang pad aan, skryf KARL KEMP.

OP 31 Julie 1960 pak die Suid-Afrikaanse “Indian national team” en die “African national team” mekaar op die sokkerveld in die interrassige Kajee Trophy, min wetend dat die dag op chaos en geweld sou uitloop. Die kragmeting vind plaas by die beroemde Curries Fountain- Indiese sportterrein in Warwick Junction, Durban, wat ook ’n gereelde ligging vir politieke saamtrekke was, ook in die tyd toe Mohandas Gandhi in die gebied gewoon het, en veral later in die donker 1980’s.

Op daardie dag loop gemoedere onder die toeskouers reeds hoog, want die wedstryd is vroeër weens omstrede redes reeds met ’n maand uitgestel, en daar is van alle kante gekla dat die kaartjies buitensporig duur was (tot 5 sjielings).

Die stadion kon ongeveer 20,000 mense huisves, maar later bereken die koerante dat sowat 10,000 bykomende toeskouers sonder kaartjies ingedruk het, sommer langs die veld gaan sit het en elke hoek en draai volgemaak het – een kant sit die Indiërs, en aan die ander kant die swart mense...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.