Waarom dié gesoektes nie die reg hoef te vrees nie

KANKER IN DIE STELSEL

Waarom dié gesoektes nie die reg hoef te vrees nie

Ingekorte begrotings, ’n gebrek aan ervare personeel, vertragingstaktiek en selfs te min wilskrag kniehalter vervolgings en laat misdaad terselfdertyd toeneem, skryf ERIN BATES en ROB ROSE.

TERWYL onrus hierdie week in die land opgevlam het, eers in KwaZulu-Natal en toe in Gauteng, het die tyd van afrekening vir die regering én die oppergesag van die reg en toegang tot geregtigheid gekom.

Pres. Cyril Ramaphosa het vandeesweek gesê “die oppergesag van die reg beskerm teen die misbruik van mag, [dit] beskerm armes en kwesbares”. En bygevoeg: “Ons sal nie misdadige optrede duld nie.”

Ramaphosa se kritici sal sê dit wys presies hoe ver hy van die meeste Suid-Afrikaners se ervaring verwyderd is; mense wat ontmoedigend swak toegang tot die reg op grondvlak het. Soos hierdie week op groot skaal gewys het, vind wetsoortreding dikwels ongehinderd plaas. En selfs al word honderde in hegtenis geneem, is daar geen sekerheid dat hulle vervolg gaan word nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X