Intelligensie bloedneus geslaan

(ON)VEILIGHEID

Intelligensie bloedneus geslaan

Die aanloop tot die geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng was waarskynlik die allerlaagste punt wat die veiligheidsgroepering moes bereik om al die swak plekke weens jare se politieke ondergrawing te ontbloot. Dit gaan egter 'n ruiter op 'n perd kos om dit te erken en reg te stel. ERIKA GIBSON het met kundiges oor die probleme en oplossings gepraat.

WIE in die veiligheidsministeries het vooraf van die beplande opstand geweet?  En wat was die ministers se rol vooraf, gedurende en nou, nadat alles tot bedaring gekom het? 

Normaalweg vloei die intelligensiekringloop van die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) wat die polisie sal laat weet as daar 'n bepaalde bedreiging is. As dit van ernstige belang is, sal die president direk deur die minister van staatsveiligheid, tans Ayanda Dlodlo, ingelig word. Die polisie sorg dan dat hul lede dienooreenkomstig in die betrokke gebiede ingelig en voorbereid is.

Die minister van verdediging, tans Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sal deel wees van die groep omdat die weermag in landsbelang moet optree indien nodig. Dr. Nel Marais, 'n risiko-ontleder met 'n intelligensie-agtergrond, sê egter daar is 'n reeks koördineringsentiteite waar SVA byvoorbeeld die weermag en die polisie se insette sal vra...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.