Hoe ek aanvaar het ek’s ’n rockspider, ’n Dutchie, ’n boer in beton

ONDER 'N KLIP UITGEBROEI

Hoe ek aanvaar het ek’s ’n rockspider, ’n Dutchie, ’n boer in beton

Taal is soveel meer as net die woorde wat ons praat, en identiteit soveel meer as etnisiteit. In Vrye Weekblad se uitgawe van 21 Junie 2019 vertel ANNELIESE BURGESS hoe sy as student op Stellenbosch doelbewus 'n Afrikaanse identiteit gekies het om haar te red van 'n verlammende gevoel van minderwaardigheid in die Engelse wêreld waarin sy grootgeword het.

EK het grootgeword op die Oos-Kaapse platteland. Met 'n klomp tale.

Ons het Engels gepraat met Pa en Duits met Ma. Ouma Suzie was 'n bloubloed-Van der Walt van Middelburg. Met haar het ons Afrikaans gepraat. Maar sy was die enigste een. 

Ons het skoolgegaan by die plaaslike skooltjie op Indwe. Dit was dubbel-medium, maar teen die tyd dat ek hoërskool toe is, was ek en my broers min of meer die enigste Engelssprekende kinders oor. Dit was my ma se toedoen – sy het geweier dat ons na een van die Engelse kosskole gestuur word, soos gebruiklik onder (wit) Engelssprekendes in die Oos-Kaap...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.