WAT lees ’n mens terwyl ’n plaag oor die aardbol branderplankry en die regerende party ter plaatse soos gek marionette in ’n derderangse poppekas te kere gaan? Ek het onlangs verlede jaar se Bookerprys-wenner, Shuggie Bain (deur Douglas Stuart), gelees. Dit speel in Glasgow, Skotland af, is op die waarheid gegrond en is ellende sonder ende. Dis soos A Little Life (deur Hanya Yanagihara) sonder die vertroosting van weelde, haute cuisine, kuns en kultuur.
Te midde van die derde vlaag van Covid-19 wil ek soms iets moois lees. ’n Opbouende boek ter stigting en opheffing, amper soos sekulêre dagstukkies wat jou moed inpraat en hoop gee vir die mensdom. Soos ’n reënboog wat wydsbeen oor die stormgeteisterde landskap gaan lê. So ’n boek is Dear Mrs Bird deur A.J. Pearce.
In tye soos hierdie het ek die behoefte aan heldinne. Sterk, edel vroue soos Mikro se Meraai, Paul Gallico se Mrs Harris, Agatha Christie se Miss Marple, Sally Andrew se Tannie Maria – vroue uit een stuk wat hul moue oprol, spiere wys en besef: Ek’s nie regtig ’n poppie nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.