Antie Sushi en haar suster Sashimi

FYNPROE

Antie Sushi en haar suster Sashimi

NETTIE PIKEUR neem jou op ’n toer van die wêreld se happies, en arriveer uiteindelik in Sisilië met ’n resep vir heerlike caponata.

DIT was jare gelede by ’n onthaal deur die Japanse ambassadeur in Pretoria waar die perfekte happies bedien is, laatmiddag buite op die grasperk.

Die sjef staan eenkant by sy braairooster op ’n staander en maak vir ons yakitori, die heerlikste hoenderstukkies op ’n stokkie, geverf met ’n sous van sojasous, ryswyn en suiker.

Onthou, dit was Pretoria in die 1970’s en sulke kos was totaal onbekend, behalwe by ambassades en so aan. Eers jare later het ons sukiyaki en teriyaki ontdek, albei met vleis of vis, en gehoor daar is selfs plekke in Japan waar sakemanne smiddae na werk dié happies met ’n glasie sake (ryswyn) kon gaan geniet voor hulle huis toe keer na moeder en kinders...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.