Daar is ’n kat onder die klavier

VERWOERDBURG-FUGA

Daar is ’n kat onder die klavier

Henk Serfontein se eerste katliefde was sy klavierjuffrou se siamees met die gelade naam Anne Frank. Só begin 'n verhaal waarin musiek, katte en volksmoord 'n verrassende wending neem tot by 'n koekie Sunlightseep om jou hemde mee te was.

MY los verhoudings met katte het begin met Scarlatti en 'n kat met die naam Anne Frank. Ons het seker almal iewers 'n Madame Sousatzka in ons jeug. Myne was my Joodse klavierjuffrou, mev. LP Reid. Sy het die woord tannie verpes en was verantwoordelik vir my belangstelling in die Joodse volksmoord, bohemia, Persiese tapyte en groen maskara.

By haar het ek, skaars nege jaar oud, voor haar swart oopklap-vleuelklavier gesit en Scarlatti se Fuga in G-mineur, die Katte-fuga, leer speel. Die stuk begin met 'n rits onsamehangende atonale note wat op mekaar volg en dan uitbrei tot 'n musikale tema. Scarlatti se kat Pulcinella het blykbaar op 'n dag oor die ivoorklawers gehardloop, waarna die komponis die note neergeskryf het en dit as inspirasie vir die stuk gebruik het. Mevrou Reid het my goed laat verstaan dat slegs die gunstelingstudent The Cat's Fugue mag speel.

Daar was minstens sewe siamese katte in die sitkamer wanneer ek soos 'n wafferse klein Alfred Brendel in die hoek losgetrek het op die grand piano. Mevrou Read was seker die argetipiese eksentrieke cat lady met wie graag die spot gedryf word. Vir my was sy die redding uit die verveling wat Verwoerdburg was...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.