<strong>Liefde en musiek: harmonie in die huis</strong>

DUET

Liefde en musiek: harmonie in die huis

Die klavierduo Francois Botha en Yohan Chun volg in die spore van 'n lang rits paartjies wat romantiese én musiekvennote was, skryf ELNA VAN DER MERWE.

  • 31 Mei 2019
  • Mense & Kultuur
  • 7 min om te lees
  • artikel 22 van 28
  • Elna van der Merwe

TWEE talentvolle musici ontmoet mekaar, raak verlief en trou. Een moet egter ’n belowende loopbaan as komponis laat vaar om te baar en dan die produkte van haar moederskoot te versorg.

Dis wat Gustav Mahler van sy Alma verwag het. Toe mev. Mahler later ’n affair aanknoop (nogal met die argitek Walter Gropius), kan ’n mens net bespiegel of dit uit wraak of opgekropte skeppende drange was. ’n Uiters ontstelde Gustav het sy lot gaan bekla by Sigmund Freud, wat basies vir hom verduidelik het wat die verband tussen beheervraatsigheid en verdiende loon is. (’n Eeu gelede se name dropping laat Brink en Jonker byna voorstedelik klink ...)

In die geval van Yohan Chun en Francois Botha is daar nie ’n sweem van sulke ongelykheid nie. Al twee is gerekende pianiste met honneursgrade in musiek en ’n string pryse agter die blad...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.