Turkye: kos en slaapplek in Diyarbakir

VEILIG REIS

Turkye: kos en slaapplek in Diyarbakir

As jy al van Diyarbakir gehoor het, is dit waarskynlik dat die vlampunt is vir konflik tussen die Turkse owerhede en verskeie Koerdiese groepe. En so naby aan die Siriese grens dat toeriste eerder moet wegbly. MICHÈLE MEYER het alle waarskuwings verontagsaam, diep gedelf in die geskiedenis van die stad, en veilig teruggekom om die storie te vertel.

TOT my skaamte moet ek erken ek het nie geweet van die plek se bestaan nie en moes op ’n kaart gaan kyk waar Diyarbakir is. Google-loer het ’n paar feite gegee, waaronder raad aan voornemende Britse toeriste dat dit onwys sou wees om soontoe te reis. Die stad is in die suidooste van Turkye geleë en taamlik na aan die Siriese grens.

Diyarbakir is die nie-amptelike hoofstad van die Koerdiese gebied in Turkye, waar die meeste van die land se Koerdiese burgers (omtrent 18% van Turkye se bevolking) woon.

Ook Noord-Irak en Noordoos-Sirië is grootliks Koerdiese gebiede. Die Koerde word soms beskryf as die grootste nasie sonder ’n eie land...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.