KORTVERHAAL | ’n Gelyke kans

UIT DIE ARGIEF

KORTVERHAAL | ’n Gelyke kans

'n Man wat 'n mens nie kon sien nie het gepraat en gesê kIante, dis nou ons, sal 'n geleentheid kry om 24 rolle toiletpapier, tweelaag, te koop teen R19,99. Maar ons sal net drie minute tyd kry, skryf JEANNE GOOSEN.

  • 01 Junie 2022
  • Vrye Tyd
  • 12 min om te lees
  • artikel 6 van 9
  • Jeanne Goosen

REGTIG waar, ek weet nie wat ek voorheen in daardie leë oggendure gedoen het voordat ek by die Hiperama beland het nie. Dit was heel toevallig, toe ek op ’n keer saam met iemand gegaan het. Net voor Krismis. Dit was die grootste gebou wat ek nog in my lewe gesien het en daar is nie ’n ding waaraan jy kan dink wat ’n mens nie daar kan kry nie. Ek meen nou alles – verf, meubels, medisyne, boeke, knope, kruideniersware natuurlik. Kortom: Alles wat ’n mens benodig om te kan lewe. Tot plante, tralies, hondehokke, hekke en planke. Wyn ook. Daar is tot tuine. Wel, vir die laaste keer – ALLES. Jy kry alles daar.

Nou waarvan ek eintlik wil vertel, is van die resies wat ’n mens daar jaag met jou trollie. Daardie eerste dag. Elton John het gesing. Skielik is die musiek onderbreek. ’n Man wat ’n mens nie kon sien nie het gepraat en gesê klante, dis nou ons, sal voorts ’n geleentheid kry om 24 rolle toiletpapier, tweelaag, te koop teen R19,99. Maar ons sal net drie minute tyd kry. Wanneer die klok begin lui, moet ons begin hardloop, maar wanneer die drie minute verstryk, sal die klok ophou lui en die papier sal weer die normale R32,47 kos.

Na my mening was dit ’n ware winskoop. Die klok het begin lui en skielik het mense uit alle rigtings begin aanhardloop met hul trollies. Om die hoeke, die draaie en deur die gange het hulle gekom en met hul trollies gejaag. Ek het die stroom gevolg en oplaas agter ’n lang tou wagtendes ingeval. Dit was duidelik dat almal vertroud was met die geografiese opset van die gebou. ’n Swart man in ’n wit jas het by ’n reuse-houer vol toiletrolle gestaan. Ek het nog nooit voorheen so baie toiletpapier bymekaar gesien nie. Die man met die jas het elke gelukkige wenner se pak toiletpapier gestempel voordat hy dit oorhandig het. Ek het mense nog nooit so gelukkig sien lyk nie!..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.