As heimwee eers huilwee word

TERUGMIGRASIE

As heimwee eers huilwee word

Die gras is groener-sindroom (met die klem op die ‘droom') is steeds ’n algemene verskynsel. Maar vele Suid-Afrikaners wat landuit was, keer terug. CHRIS DU PLESSIS bepeins hierdie boemerang-verskynsel en wonder hoe lank dit gaan wees voor hulle weer oorsee waai.

DIT is te danke aan die ewig swellende eksodus van meer bevoorregte Suid-Afrikaners na die buiteland dat heimwee nou al wyd en syd talle  druipstert laat terugkeer na die benydenswaardige chaos hier op eie bodem.  Afrikaners is veral lief vir terugmigreer.

Ja, om jou goed te vat en trek is hoogmode onder die Ferreiras. En Viljoens, Malherbes en Du Pisani's en so aan. Dit is immers in ons bloed. As dinge te onaangenaam raak iewers, spring ons boere op die langpad. When the going gets tough, the tough get going, ’raait? Vra maar vir enige nasaat van Sarel Cilliers, Louis Trichardt, Hendrik Potgieter, Piet Retief of Gerrit Maritz.

Ding is, ons is blykbaar nie meer so “tough” soos ons destyds was nie, want ’n noemenswaardige klos mense uit die nouveau trekkers se geledere wil terugneuk na hulle laers toe byna sodra hulle in hulle oorsese lande van melk en heuning aangeland het. Dan is alles “local” net weer moerlekker en hulle nuut aangenome bestemmings die hel vanself...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.