15+ vrae aan Deborah Steinmair

AGTERBLAD

15+ vrae aan Deborah Steinmair

Ons boekeredakteur vertel sy sal graag haar pa, Leonard Cohen en Frida Kahlo vir ete wil nooi, sy het onvanpaste vryverhale as tiener gelees en eet al 20 jaar lank nie vleis nie.

ONS geliefde boekeredakteur, Deborah Steinmair, beantwoord dié week ons 15+ vrae. Sy is 'n boorling van Pretoria met die Uniegebou, die pop-up-toaster-Voortrekkermonument, oom Paul en die krygers op die plein, die Fonteine, die mooi, groot openbare biblioteek, die Wolraad, Uniewinkels, alles ordelik en spierwit. Nie van die lowergroen voorstede van die Meisies Hoër-landskap nie, maar die troebel noorde van Pretoria, waar kunstenaars geswoeg het. Haar pa was ’n beeldhouer.

1. Vertel ons van jou pad tot by boekeredakteur.

Ek het in Potchefstroom (ook nie danig cool nie) kommunikasiekunde gaan swot om joernalis te word. Ek het nie daarvan gehou nie en oorgeslaan na BA met Engels en drama. Wat my vir niks op aarde bekwaam het nie. Ek het gelukkig nie (toe) man gevang nie. Het in ’n biblioteek gaan werk, klasgegee, ’n magdom werke gedoen, totdat ek met ’n agterdeur by joernalistiek ingekom het. LitNet, Kalahari.net, die uitgewerswese. En nou is ek waar ek wou wees...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan [email protected].