Van grootword op Riversdal tot die kruin van internasionale dekor-joernalistiek. As redakteur van Elle Décor het Laureen Rossouw diep betrokke geraak by Suid-Afrikaanse ontwerp en ontwerpers. Dit bly ’n passie. Nie net om ons unieke aanslag internasionaal te bevorder nie, maar ook om meer Suid-Afrikaners daaraan bekend te stel.
AGTERBLAD
15+ vrae aan Carina Stander
Carina Stander, skilder, skrywer en vryskutjoernalis wat saam met haar man en twee seuns in die Tsitsikamma woon, deel haar idilliese lewe en wonderwêreld met ons. Sy is die skrywer van twee digbundels en vyf romans, en het grootgeword in die Waterberge van Limpopo. LAUREEN ROSSOUW vra die vrae.
Deel
1. Hoe lyk 'n normale dag in jou lewe?
Ons word 06:30 wakker. Gerrit brou 'n mokkapotjie op die stoof en bring vir my koffie in die bed. Daarna skink ek vir die gesin tee uit die fluitketel. (Die afgelope 20 jaar maak ek my eie konkoksie met steranys, naeltjies, rou gemmerwortel, kaneelstokkies, kardemompeule en rooibos. Troostee, noem ek dit.) Ons sit dan saam op die boonste stoep wat uitkyk oor die woudbome met tee en beskuit met hawermout, rosyntjies en neute.
Ek lees 'n bietjie wêreldnuus, beantwoord boodskappe op WhatsApp/vonkpos/Facebook en daarna skryf ek soos 'n bliksemstraal aan 'n reisartikel/rubriek/onderhoud/opdragvers/ boek/boekepraatjie of ek skilder/skets vir 'n bestelling/uitstalling of verpak kuns/boeke wat ek moet versend. Wanneer die kinders vieruur die middag ná atletiek/skaak/klavierles by die huis is, los ek alles en gaan vir 'n uur saam met hulle strand toe. Ons swem in die see of stap bergop. Skemertyd eet ons om die tafel. As daar tyd is, kyk ons 'n episode van 'n reeks. (Ons het nie 'n televisie nie, maar 'n 2 x 3 m-afrolskerm en projektor.)..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
15+ vrae aan Zirk van den Berg
Vlugtige blik op ’n literêre wonderwêreld
Onmoontlike reise tussen plekke en geskiedenis
Meester van mite en magiese realisme
15+5 vrae met Toast Coetzer
Verwaarlosing gaan oor eerbares en oneerbares
15+ vrae aan Willem Anker
15+ vrae vir Diana Ferrus
Deel
-
Deel
Laureen Rossouw
Redakteur: Vrye TydskrifVan grootword op Riversdal tot die kruin van internasionale dekor-joernalistiek. As redakteur van Elle Décor het Laureen Rossouw diep betrokke geraak by Suid-Afrikaanse ontwerp en ontwerpers. Dit bly ’n passie. Nie net om ons unieke aanslag internasionaal te bevorder nie, maar ook om meer Suid-Afrikaners daaraan bekend te stel.