LESERSBRIEWE | Ghoemas en die volk

VALSE DEUNTJIE

LESERSBRIEWE | Ghoemas en die volk

'n Taal is nie 'n volk nie – en Afrikaans behoort aan almal.

  • 03 Mei 2019
  • Vrye Denker
  • 1 min om te lees
  • artikel 27 van 30


EK het nogal hierdie hele storie met belangstelling gevolg en óf ek is dom, of my mede- (wit) Afrikaanssprekende mense is dom.
Dit gaan oor die Ghoemas “debakel” en hoe die “volk” nou weer opstaan vir Afrikaans. Julle kan maar uitwerk wie hierdie lot is, maar ʼn wenk is: Dis die klomp wat nou hul eie toekennings wil maak.
Die meeste van julle sal weet dat Twitter 'n strontplek is om 'n ordentlike debat te probeer voer, maar ek het wel uitgewys (op Twitter) dat Afrikaans nie 'n volk is nie, maar 'n taal. Daar is dan ook baie gou aan my uitgewys dat die Japannese volk Japannees praat, die Chinese volk “Chinees”, die Duitse volk Duits en so aan.
Ek het net kortweg geantwoord, want ek kan nie met “dom” mense 'n debat voer nie. Eerstens, die Chinese “volk” het meer as een taal; Duits word deur ander volke as eerste taal gebruik, nie net die Duitsers nie; hier in Suid-Afrika is Afrikaans 'n eerste taal vir baie mense, nie net blankes of 'n sogenaamde “wit” volk nie; en dan is daar Engels. Dis 'n eerste taal in Brittanje, Australië, Nieu-Seeland, Amerika, en al hierdie beskou hulself as 'n volk in eie reg.
So volgens my is 'n taal nie 'n volk nie. Maar dan, dalk het ek die kat aan die stert beet. Dit is fantasties dat mense opkom vir Afrikaans en die taal se reg, maar dan moet ons ook erken dat dit behoort aan almal wat dit gebruik en verdedig. Nie net wit mense nie.
En laastens, volgens die laaste sensus is die meeste mense in Suid-Afrika wat Afrikaans aandui as ’n eerste taal nie wit nie.
Sjoe. Nou het ek dit van my gemoed af … – Christo Venter
(Geredigeer)

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.