Totsiens aan Antie Babs, my tweede ma

AFSKEID

Totsiens aan Antie Babs, my tweede ma

Eerste moeders maak jou groot, maar jou tweede ma is 'n vertroueling, die een wat alles los en by jou kom sit en na jou luister. En wanneer jy jou probleem met haar gedeel het, voel jy stukke beter, skryf JONATHAN JANSEN.

AS jy gelukkig was, het jy ’n tweede ma gehad. Dit kon ’n tannie of ’n buurvrou of ’n familievriend uit die gemeente gewees het. Jou regte ma was die een by die huis wie aan jou geboorte geskenk en/of jou grootgemaak het.

Met haar het jy ’n toepaslik formele verhouding gehad. Sy het na jou huiswerk geloer en jou pols gevoel as jy beweer het jou koors gaan die ander kinders by die skool aansteek. Jou huis-ma het jou huistakies laat verrig en gesorg dat jy klere aan jou lyf het. Eerste moeders doen hul plig: Hulle maak jou groot.

Jou tweede ma is anders. Sy is die mens wat jy in jou vertroue neem oor daardie dinge wat jy nie met jou regte ma kan bespreek nie. Sy is die een met wie jy gaan gesels oor jou tienermeisie of jou kwelvrae oor God. Jou ander ma los alles en kom sit by jou, sy luister; sy glimlag deurgaans. Vir hierdie ma is jy nie net nog ’n kind nie, en vir jou is sy ’n vertroueling...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.