Elektrisiteit: sonde met die Suider-Afrikaanse bure

GEE MY KRAG

Elektrisiteit: sonde met die Suider-Afrikaanse bure

Voordat ons te geïrriteerd raak met Eskom en ons buurlande oor elektrisiteitsvoorsiening, moet ons dalk besef dat ons mekaar wedersyds nodig het, sê LESLIE VAN ROOI.

ESKOM sukkel al langer as 'n dekade om volhoudend voldoende elektrisiteit aan Suid-Afrika te voorsien. Maar Eskom voer ook elektrisiteit na sewe lande in Suider-Afrika uit, soos baie Suid-Afrikaners al veral tydens kragonderbrekings besef het.

Wanbestuur – en 'n tekort aan opwekkingskapasiteit – by Eskom plaas dus nie net die Suid-Afrikaanse ekonomie onder geweldige druk nie, maar het ook 'n regstreekse uitwerking op mede-Afrikane oor die hele Suider-Afrika heen.

En dit lei tot sonde met die bure. Ons buurlande – veral Namibië, Lesotho, Botswana en Zimbabwe – is deels afhanklik van Eskom se elektrisiteitsnetwerk. Maar as Eskom se rekening nie betaal word nie, sal hy ook nie meer voldoende elektrisiteit aan hierdie lande kan voorsien nie. Dít, saam met die manier waarop Eskom skynbaar verhoudinge met die elektrisiteitsentiteite in ons buurlande bestuur, laat baie vrae hier en elders ontstaan...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.