Van generasie tot generasie

MOENIE RASIE

Van generasie tot generasie

Ouer mense is geneig om die jonger geslag af te skryf as ’n spulletjie wat hulle ophou met selfone, popmusiek en avo op toast. Daar is egter wonderlike geleenthede om in gesprek te tree en na mekaar te luister, sonder vooroordele, sê MERCY KANNEMEYER.

LIEWE leser, vergun my die geleentheid om vir ’n wyle as spreker vir my generasie op te tree. Ja, ek besef die problematiek van namens iemand anders praat – jy ontneem hulle van hul eie platform, hul eie stem, hul eie mening.

Maar ek wil graag stoutmoedig wees en my verbeel daar is ’n universele manier om met die jonger garde in gesprek te tree. En as jy ’n jongmens is wat voel hierdie stuk spreek nie tot jou nie, wees dapper en skryf dit volgende keer self.

Eerstens moet die olifant in die vertrek aangespreek word. Dis die idee dat die generasiegaping doodeenvoudig te wyd is om te oorbrug. Daar is talle wat glo dat indien jy nie sekere ervarings meegemaak het nie, jou opinie beperk is. Dis seker waar...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.