Cosplay: Wanneer verbeelding lyf kry

AANDAG, ALLE GEEKS!

Cosplay: Wanneer verbeelding lyf kry

Dit is geeks se gunsteling-stokperdjie en jy kan dit by verskillende feeste gaan uitleef. Hoe vreemder hoe beter. En terwyl mens rugby-ma’s en ballet-ma’s kry, redenaar-ma’s en Voortrekker-ma’s, wonder CLARI NIEMAND hoe sy 'n cosplay-ma geword het.

DIE Hoëveldse winter is nie jou maatjie as jy ʼn videospeletjieheldin in ʼn someruitrusting is nie. En hoewel die meeste ma’s en dogters een of ander tyd kop stamp oor klere – “Ai, Sussie, is jy doodseker jy wil uitgaan in daardie kort rompie?” – speel julle in ʼn heel ander liga wanneer die uitrusting horings en ʼn stert insluit.

Dis waar cosplay inkom. Nog nooit daarvan gehoor nie? Jy is in goeie geselskap.

Cosplay, die kort (ietwat onvertaalbare) naam vir die stokperdjie waarvoor ingewikkelde kostuums gemaak en met trots gedra word, raak al hoe gewilder. Dis veel meer as ʼn kostuumparade: Dit behels ʼn hele subkultuur vol kreatiwiteit en genuanseerde sosiale interaksie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.