Aalmoese vir die armes: Dit hélp nie

ARMOEDE

Aalmoese vir die armes: Dit hélp nie

Maatskaplike toelaes slaag nie daarin om mense van armoede te red nie. En die grootste deel van die bevolking maak nou staat op geld van die regering om te oorleef, skryf ALLAN GREENBLO.

  • 26 Julie 2019
  • Vrye Denker
  • 8 min om te lees
  • artikel 11 van 27
  • Allan Greenblo

ESKOM se volhoubaarheid word as die grootste gevaar vir die Suid-Afrikaanse ekonomie beskou. Maar daar is nog ’n risiko, wat miskien nóg groter is.  Dít is die pas waarteen die maatskaplike-toelae-stelsel groei - 'n stelsel wat groot dele van die bevolking van honger red. En dit onder jammerlike ekonomiese groeitoestande.

Aftreefondse word deur regulasies verplig om omgewings-, maatskaplike en bestuurskriteria te oorweeg wanneer beleggingbesluite geneem word. Van dié drie kry die “maatskaplike" kriteria die minste aandag, hoewel dit die grootste invloed op beleggings het.

Volgens die jongste syfers van Statistieke SA is 34.2% van swart mense in die ouderdomsgroep 25 tot 34 werkloos, en 55.2% tussen 15 en 24 jaar. Om hierdie situasie as plofbaar te beskryf is voor die hand liggend  ̶ wanneer mense geen inkomste het nie, is hulle afhanklik van dié wat het, hoe min ook al, of hulle beland op straat...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.