LESERSBRIEWE | Die staat vermors al ons geld op ‘admin’

POLITIEKE GEGORREL

LESERSBRIEWE | Die staat vermors al ons geld op ‘admin’

’n “Gebore optimis" sê dis alles goed en wel om ortodoksie by die venster uit te smyt, maar die staat se onvermoë om die ekonomie reg te ruk laat steeds talle onbeantwoorde vrae wat Jan Alleman laat kopkrap.

EK is ’n gebore optimis, ’n Suid-Afrikaner en sal een bly. Maar nadat ek Max se bulletin “Dit is ’n goeie tyd om ortodoksie by die venster uit te smyt” gelees het, kan ek nie help om by sekere vrae vas te steek wat vir my onbeantwoord bly nie.

Eers die medies: Natuurlik moet ons ’n plan maak om vir almal ordentlike mediese versekering te bied, maar het die dokters nie hierdie probleem oor hulleself gebring nie? Hoe kan dieselfde prosedures se koste met ’n faktor 10 verskil?  Is ons huidige stelsel werklik ’n swak stelsel of word dit dalk net swak bestuur?

Rondom Eskom (en eintlik die meeste staatsinstellings): Ek kan nie help om te begin twyfel of die staat dié instellings in enige formaat kan bestuur nie. Is herstrukturering nie maar net nog geleenthede nie? As Eskom in drie gedeel word, gaan ons nie dan net met drie instellings sit wat nie werk nie?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.