Cyril kolf soos AB (en hy soek jou pensioengeld)

UIT DIE PARLEMENT

Cyril kolf soos AB (en hy soek jou pensioengeld)

Dit was die dag dat die opposisie hom in ’n hoek sou vasdruk, maar pres. Cyril Ramaphosa het vrae en aanvalle afgeweer soos wat ’n meester-toetskolwer met opslag- en goëlballe maak. Tog weet ons nou dat die regering dit ernstig oorweeg om hulle na die skatryk pensioenfondse te wend om die ekonomie van ineenstorting te red, skryf MAX DU PREEZ.

EK kon myself nie help nie. Terwyl ek sit en toekyk hoe die DA en die EFF hul kartetse op Ramaphosa afvuur en hy die aanslae ontlont, het ek kort-kort by myself gedink: Kan jy jou indink hoe dié parlementêre vraagsessie sou verloop het as dit Jacob Zuma was wat so onder vuur gekom het? Ons moet regtig ons seëninge tel, een vir een.

Ramaphosa is nie op die oomblik op ’n goeie plek nie. Baie, en lastige, vrae word oor die befondsing van sy CR17-verkiesingsveldtog gevra; die land is diep bekommerd dat ons nasionale skuld só groot is dat ons by die Internasionale Monetêre Fonds sal moet aanklop of andersins moet toesien hoe die staatshand diep in die pensioenfondse se beursie gedruk word; die minderhede voel erg onrustig met populisme wat hoogty vier; landbouers byt hul naels stomp oor onteiening; die Zoeloes is bang die staat gaan hul tradisionele grond afneem.

Laer standaarde, maar tog..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.