Het presidentskap vir Cyril geknak?

SONSAK

Het presidentskap vir Cyril geknak?

Dalk is Ramaphosa te lig in die broek om president te wees – ten minste op dié spesifieke punt van die demokratiese era, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

SOOS wat Suid-Afrika se politieke riool opborrel, kon ons die afgelope weke sien watse rol geld in ons verkiesingspolitiek speel. En in die middel van dit alles dryf Cyril Ramaphosa, leier van die ANC en president van Suid-Afrika. Elke nuusbulletin loop oor daarvan.

Minstens 188 bladsye se bankstate is uitgelek aan die president se vyande, en dit bevat bewyse wat suggereer dat, soos geld vir die CR17-veldtog by die voorhuis ingestroom het, groot bedrae en bates net so vinnig by die agterdeur uitgespoel het.

Dis nou die man wat sy naam gemaak het as Suid-Afrika se groot hoop vir ekonomiese herstel, inklusiewe groei en stabiliteit. Nou hou hy net-net kop bo water – die vermeende meester-strateeg lyk gefnuik en gefop...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.