POLITIEKE NOTABOEK | Die ANC se ekonomiese babatreëtjies en...

DIE WEEK IN DIE NUUS

POLITIEKE NOTABOEK | Die ANC se ekonomiese babatreëtjies en die foutjie in Zille se kruisvaart

Die ANC se planne vir ekonomiese groei is so helder soos modder en die wit liberale se stryd teen identiteitspolitiek is verdag, skryf MAX DU PREEZ.

“KONSTRUKTIEWE ontwrigting” en “skokterapie” was dit nou wel nie, maar die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) se besluite oor ekonomiese beleid is beslis ’n afwyking van ANC-ortodoksie.

Dalk is dit die beste wat ons van die verdeelde ANC kan verwag: babatreëtjies na ’n meer realistiese benadering om die ekonomie te laat groei en die staat meer vaartbelyn te maak. As ons nie in so ’n diep gemors was nie, sou dit dalk nog gewerk het.

Op die keper beskou, is die NUK se verklaring na sy daelange beraadslaging ’n klein oorwinning vir Cyril Ramaphosa en Tito Mboweni. Die minister van finansies se besprekingsdokument van ’n paar weke gelede was ’n handgranaat in die midde van die ANC-alliansie en hy is deeglik geroskam. Nou sê die NUK hy aanvaar die essensie van Mboweni se voorstelle. (Mboweni moes wel eers ’n hoenderbeentjie vir Cosatu uitgooi deur askies te vra dat hy hulle nie eers geraadpleeg het nie.) Die NUK-verklaring klink ook heelwat meer pragmaties en vriendeliker teenoor die private sektor as tevore...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.