Hoor die eens magtige vakbonde die doodsklokke lui?

ARBEID

Hoor die eens magtige vakbonde die doodsklokke lui?

Suid-Afrika se vakbonde was eens magtige organisasies. Nou is hulle vanweë 'n veelheid van redes aan die taan. Die land se grootste vakbondfederasie, Cosatu, het nog politieke seggenskap danksy sy alliansie met die ANC, maar hoe lank gaan dít nog hou? vra NATASHA MARRIAN.

  • 04 Oktober 2019
  • Vrye Denker
  • 19 min om te lees
  • artikel 2 van 28
  • Natasha Marrian

KORT voor 02:00 op 8 November 2014 het die lot van vakbonde in Suid-Afrika ingrypend verander. Dit was laat in die lente, met ’n opmerklik kil bries in die lug die aand toe joernaliste in hul karre uitgekamp het voor Cosatu se deftige destydse nuwe hoofkantoor in Braamfontein, Johannesburg, wat na bewering op omstrede wyse bekom is.

Irvin Jim, hoofsekretaris van die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa), het by die groot glasdeure uitgestap.  Joernaliste het geskarrel om te gaan hoor wat die finale besluit was van Cosatu se sentrale uitvoerende komitee oor Numsa, sy weerbarstigste en grootste geaffilieerde vakbond. 

“Uitgeskop!" het die radikale Jim aangekondig. Numsa, met sy 320,000 lede, is uit die Cosatu-familie geskop — en ook uit die ANC-geleide driepartyalliansie. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.