Misdaadintelligensie: baie misdaad, maar feitlik geen intelligensie

ZONDO-KOMMISSIE

Misdaadintelligensie: baie misdaad, maar feitlik geen intelligensie

Die polisie se eenheid vir misdaadintelligensie was onder Richard Mdluli een groot partytjie waar weinig ware polisiewerk gedoen is, berig YOLANDI GROENEWALD.

DIE internetkafee was veronderstel om ’n dekmantel te wees vir slim kuberkrakers wat deur die staat betaal is om op skelms te spioeneer en hul geheime te ontleed. Die kafee het R75,000 gekos om in te rig sodat flink breine daar data kon ontleed en dan die bloedhonde op die spoor sit van moontlike misdade.

Die kafee is gefinansier uit die geheime fonds van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, wat veronderstel was om vir sensitiewe operasies gebruik te word. Op papier het dit na ’n blink idee gelyk. 

In werklikheid het vier familielede van Richard Mdluli, omstrede voormalige hoof van die misdaadintelligensie-eenheid, daar gewerk, en is nóg R20,000 bestee sodat hulle een van die mees basiese rekenaarkursusse kon doen net om hoegenaamd die rekenaars in die kafee te kon gebruik...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.