Taaltwiste: van toeka tot 2020

BAKEN VAN DIE AFRIKAANSE TAAL

Taaltwiste: van toeka tot 2020

Die lewe van die Afrikaanse Taalmonument sou nooit maklik wees nie: van konsepsie in 1942 tot geboorte in 1975 tot storm-en-drang-tienerskap tussen 1990 en 1994, en eindelik middeljarigheid in 2020, moes sy ’n swaar las dra. ’n Las wat eindelik ligter raak, reken MICHAEL JONAS en SYBRANDUS ADEMA, wat ’n paar taalswaeltjies op die horison gewaar.

  • 22 November 2019
  • Vrye Denker
  • 7 min om te lees
  • artikel 20 van 27
  • Sybrandus Adema & Michael Jonas

DIE idee om ’n “waardige taalmonument in die Paarl” op te rig en beurse toe te ken aan “verdienstelik gevorderde studente wat hulle spesiaal op ’n intensiewe studie van die Afrikaanse taal wil toelê”, is in 1942 geopper en ’n Taalmonumentkomitee, ’n privaat inisiatief, is op die been gebring.

Reeds tóé was die idee omstrede – pennestryde is in koerante gevoer en harde koppe is gestamp – en dit sou twee dekades duur voordat genoeg geld ingesamel kon word om ’n ontwerpkompetisie te loods. Die omstredenheid rondom die monument het oorwegend met die ligging, die voorkoms, die aard of funksie, die simboliek en die politiese ondertoon daarvan te make gehad.

Sommige kommentators was bloot teen die hele gedagte gekant en het die wenslikheid van of noodsaak vir die oprig van so ’n monument bevraagteken...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.