LESERSBRIEF | Om uit te sien daarna om weer uit te sien

VREES, VREUGDE EN VRAE

LESERSBRIEF | Om uit te sien daarna om weer uit te sien

’n Gesinsvakansie is onverwags deur die ‘groot toesluit' in die wiele gery. Hoewel hy nie kan wag om weer iets te hê om oor opgewonde te wees nie, het die hibiskusboompie in sy agterplaas dié leser intussen laat besef die inperking bring ’n ander mooi in die lewe uit.

  • 17 April 2020
  • Vrye Denker
  • 4 min om te lees
  • artikel 22 van 27

BINNE-IN my eie huis leef ons as mede-grendelaars steeds half verby mekaar. Dit blyk net ons manier te wees. Sommiges hoef slegs skrale veranderinge aan roetine te maak om deur die tyd te kom en ander moes ’n totale nuwe toestand van welsyn aanleer om te oorleef. Tog voel dit of ons wel nader aan mekaar beweeg.

Soggens vroeg hoor ek ons bure se lewendige voorskoolse twee in die motorhuis speel – inderhaas omskep in ’n speelkamer voor die groot toesluit. Voorheen sou die geraas my gemoed tart, nou verskaf dit rus en stem my vrolik. Hulle vreugde, deur die baksteenmuur en oor ’n gedeelde heining, spoel by my slaapkamer in en hupstoot my hart die dag in.

As vryskutwerker beoefen ek reeds lankal ’n vorm van inperking. Ek weet goed hoe tyd verstar, tempo verloor en verbystruikel tot ’n leemte wat net mening kry deur vir die goedkoop-duurlyk-horlosie aan die kombuismuur te kyk. Die lewe in ’n vakuum, tyd-dig en vreemd genoegsaam. Ek kyk hoe die groot inperking my huisgenote in die leemte insuig. Hoe my seun doelloos by die stoompot voor die stoof staan en net na die klank luister. Tasbaar binne bereik van homself, bedag, bewus, teenwoordig...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.