Skep nuwe betekenis in ’n tyd van onsekerheid

CORONA EN INPERKING

Skep nuwe betekenis in ’n tyd van onsekerheid

In ’n brief aan haar kliënte probeer die sielkundige JUDY RANKIN sin maak van mense se verskriklike angs oor die coronapandemie. Die pandemie het ons wêreld op sy kop gekeer en dis waaroor ons rou.

EK het daagliks interaksies met mense wat in diepe depressie sink of onbeheersd angstig raak – diegene wat teen hul metaforiese demone veg; dié wie se verhoudings onvervullend of konflikbelaai is; en mense wat hul ontvlugting in opiate, alkohol en ander verslawings vind.

Vir sommige mense gaan geestesgesondheid oor medikasie en om ontslae te raak van wat ook al die ongemak veroorsaak: as ons pyn of angs beleef, sluk ons ’n pilletjie; as ons kopseer het, sluk ons ’n pilletjie.

Ons leef onder die illusie dat ons pyn en ongemak moet vermy, so ons dien medikasie toe sonder om te probeer reflekteer of verstaan hoekom ons voel wat ons voel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.