SUID-AFRIKA en Mosambiek is in samesprekinge (https://allafrica.com/stories/202005250603.html) oor die veiligheidsituasie in die noordelike Cabo Delgado-provinsie, het dr. Naledi Pandor, Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge en samewerking, op 22 Mei aan die SAUK bevestig.
’n Skaduagtige en ekstremistiese Islamitiese insurgensie in dié Mosambiekse provinsie, wat ryk is aan gasvelde, het ’n vlaag van geweld teen inwoners sowel as staatsteikens ontketen. Boonop bedreig (https://www.bloomberg.com/news/articles/2020-05-03/deadly-triple-threat-douses-mozambique-s-60-billion-lng-hopes) die insurgensie die welvaart wat na verwagting deur die nuwe bedryf – vloeibare natuurlike gas – in die streek geskep gaan word.
Die bilaterale samesprekings tussen Suid-Afrika en Mosambiek spruit uit ’n vergadering van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) in die Zimbabwiese hoofstad, Harare, op 19 Mei...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.