Die misbruik van die ‘wetenskap’

INPERKING EN GRONDWET

Die misbruik van die ‘wetenskap’

In alle grondwetlike demokrasieë is rasionaliteit 'n maatstaf vir gedrag of besluitneming, skryf PIET CROUCAMP. Wat hou die jongste hofuitspraak oor die inperking en wetenskaplike ‘regverdigings' dus vir Suid-Afrika in?

TOE regter Norman Davis twyfel gewerp het oor die regulasies van die uitvoerende gesag om die Rampbestuurwet af te dwing, was die pertinente vraag: Hoe rasioneel is die regulasies gegewe die regte van Suid-Afrikaners soos verskans in die menseregte-klousule van die Grondwet? 

Verskeie regsgeleerdes het dit duidelik gemaak dat Davis se uitspraak nie 'n hersiening of appèl sal oorleef nie, maar hoekom dit so lank geneem het vir minister Nkosazana Dlamini-Zuma en die coronavirus-bevelsraad om voor 'n hof gesleep te word, is ook reeds 'n goeie vraag.

Pres. Cyril Ramaphosa het dikwels die wetenskap voorgehou as die bindingsmateriaal tussen rasionaliteit en ons grondwetlike regte. Wanneer 'n regulasie wetenskaplik begrond was, sou dit ook rasioneel wees. Die eerste drie weke van die inperking was 'n “ramptoestand” wat 'n irrasionele opdwinging geregverdig het. In terugbeskouing het ons willens en wetens in die aangesig van die Covid-19 die president toegelaat om ons grondwetlike regte op te skort. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.